(Jwplayer)

May 13, 2016

#FarmAttack: UPDATE: 5 Black Zimbabweans arrested after several farm attacks in the Warmbaths area

GENOCIDE ATTACKERS
#StopWhiteGenocideInSA
Die Bela-Bela-polisie het ’n deurbraak gemaak nadat daar die afgelope ruk ’n reeks huisbrake en rooftogte in die Bela-Bela-omgewing plaasgevind het.
Vyf Zimbabwiërs is op Donderdag, 5 Mei, in die Bela-Bela-township in hegtenis geneem met talle vermoedelik gesteelde items, asook drie pistole en ’n jaggeweer, in hul besit.
Kapt. Renier Schutte, ondersoekbeampte, asook lede van die Heritage Protection Group (HPG), is sedert Maart op die spoor van die verdagtes nadat daar destyds ’n huisroof op Turffontein naby Sondela plaasgevind het. Schutte het aan Die Pos gesê met die hulp van die HPG-lede is verneem dat die buitelanders met sewe verskillende voorvalle in die omgewing verbind word.
Die sake waarmee hulle verbind word, sluit huisrooftogte, diefstalle, huisbrake en poging tot moord in.
Die verdagtes, Nqobile Nyoni (28), Christopher Mugabe (23), Wilson Monjeza (34), Elvis Musimeki (29) en Jacob Chio (22), het op Maandag, 9 Mei, in die Bela-Bela-landdroshof verskyn.
Die saak is uitgestel na Maandag, 16 Mei.
Kol. Lindie Marx, stasiebevelvoerder van die Bela-Bela-polisie, het in ’n verklaring gesê inwoners moenie saans hul deure oopmaak wanneer hulle iets verdag opmerk nie, maar eerder dadelik die polisie skakel.
Die Bela-Bela-polisie kan by tel. (014) 736 9760 of by tel. 072 839 5587 geskakel word
http://www.diepos.co.za/articles/crime/36844/2016-05-13/zimbabwiars-vasgetrek-na-rooftogte

#StopWhiteGenocideInSA