(Jwplayer)

May 3, 2016

#FarmMurder: UPDATE: Thabazimbi: Afrikaner farm manager, Fritz van der Westhuizen (66) beaten to death with shovel

He suffered serious wounds to his head and on his body after he was attacked by blacks & repeatedly beaten with the shovel...
Plaasbestuurder met graaf doodgeslaan

'N Plaasbestuurder van Thabazimbi in Limpopo is dood nadat hy Saterdagaand erg met 'n graaf aangerand is.

Fritz van der Westhuizen (66) van die plaas Klein Engeland in die Cumberland-distrik buite Thabazimbi is Maandagoggend in 'n hospitaal in Polokwane dood.

Hy het ernstige wonde aan sy kop en oor sy lyf opgedoen toe hy herhaaldelik met die graaf geslaan is.

Lt.kol. Malesela Ledwaba, polisiewoordvoerder in Limpopo, sê Van der Westhuizen het Saterdagaand omstreeks 18:30 'n vrou by een van die plaaswerkers se huis hoor skree.

Hy is na die werkershuis enkele meter van die huis waar hy gewoon het om uit te vind hoekom die vrou skree.

Dit is toe dat hy aangeval is, na bewering deur 'n werker op die plaas. Die man het glo met die vrou gestry toe Van der Westhuizen op hulle afgekom het.

Van der Westhuizen het onder meer ernstige kopbeserings opgedoen.

Die werker het weggehardloop, maar die polisie het hom later in hegtenis geneem.

Dit is nie bekend hoe Van der Westhuizen hulp gekry het nie, maar hy is later Saterdagaand deur Critical Life Assist-nooddienste se tak in Thabazimbi na 'n plaaslike hospitaal gehaas.

Hy is van daar per ambulans na Polokwane oorgeplaas waar hy Maandagoggend dood is.

'N Nooddienswerker wat saam met hom in die ambulans was, maar nie genoem wil word nie, het die hele tyd vir Van der Westhuizen gesê "jammer, oom, jammer oom".

Inwoners van Thabazimbi is geskok oor die moord. "Nog 'n sinnelose plaasmoord," het 'n inwoner op die dorp se Facebookblad geskryf.

Die verdagte sal eersdaags op 'n klag van moord in die Thabazimbi-landdroshof verskyn.

Van der Westhuizen se familie kon nog nie vir kommentaar opgespoor word nie.
http://www.netwerk24.com/Nuus/Misdaad/plaasbestuurder-met-graaf-doodgeslaan-20160503

#StopWhiteGenocideInSA