(Jwplayer)

May 14, 2016

#LandGrabsInSA: The days of land owners are number, our enemy is the white land owners said Malema

#StopWhiteGenocideInSA
Wit grondeienaars se dae is getel, het Julius Malema, EFF-leier, Maandag gesê. Tog het hy dié mense genooi om by die EFF se stryd vir gelyke grondeienaarskap aan te sluit en "Kiss the Boer" gesing.

Voordat Malema met sy Vryheidsdagtoespraak begin het, het adv. Dali Mpofu, voorsitter van die EFF, gesê: " 'Die Stem' moet val." Hy het die nasionale volkslied to sonder dié deel gesing.

Met verwysing na die onlangse xenofobiese aanvalle het Malema die regering die skuld gegee vir mense se onkunde.

"As ons al die buitelanders wegneem, sal julle steeds werkloos wees. Dit is die ANC wat Hop-huise verkoop; moet die skuld dus nie op ons broers en susters van Afrika pak nie. . .Die mense van Mosambiek het nie vir pres.Jacob Zuma gesê hy moet 'n vuurpoel bou nie. "

Oor kwessies met grondhervorming het Malema gesê hy het verlede week met wit mense in Kaapstad vergader en hulle wou weet of hulle 'n tuiste in die land het.

"Ek het vir hulle gesê daar sal altyd 'n tuiste wees vir dié wat bereid is om die grond met al die mense te deel. Nou is dit dieselfde as tydens apartheid. Die enigste verskil nou is ons swart president wat die voorregte van die wit Suid-Afrikaners beskerm.

"Wit mense geniet die vryheid. Al waarvoor hulle omgee, is om vir hulself meer geld te maak, "het die EFF-leier gesê.

"Wit Suid-Afrikaners, julle is dit aan ons verskuldig om kragte met ons saam te snoer en vir die ekonomiese vryheid van almal te veg. Ons wil ons hulpbronne en ons land terughê. Suid-Afrika is in die hande van wit mans en hulle moet weet hul dae is getel. "

Malema het gesê EFF-LP's sal aanhou om die ANC in die parlement tot verantwoording te roep.

"Ons sal die ANC in die parlement vir hul geld laat sweet. Ons sal hulle nie meer laat slaap nie. As Zuma oor die volgende vyf jaar aan die parlement dink, moet hy sidder.

"Baleka mbete het my nie parlement toe genooi nie. Daardie Zuma-marionet gaan aan 'n hartaanval doodgaan, "het hy aan die skare gesê. "Wees trots op ons in die parlement.Ons is nie soos daardie vrot aartappels wat deur ons uitgeskop is nie. "
http://www.netwerk24.com/Nuus/Wit-grondeienaars-se-dae-is-getel-Julius-Malema-20150428
http://www.sabreakingnews.co.za/2016/04/16/malema-land-question-will-not-be-abandoned/

#StopWhiteGenocideInSA