(Jwplayer)

May 11, 2016

#MURDER: UPDATE: Badly injured Afrikaner woman, Ella van der Berg (85) dies after 2nd black on white attack

'THEY ARE ATTACKING DEFENCELESS WHITE PEOPLE IN THEIR HOMES...' Deteriorating after cruel attack on frail Afrikaner woman: Mrs Ella van der Berg (85); rushed to Eugene Marais hospital after cruel attack 27 April 2016 in Mountain View, Pretoria. This was the second time in six weeks that the same gang targetted her at home: 
Ella van der Berg. Foto: Verskaf
GENOCIDE VICTIM: MURDERED: Ella van der Berg
#StopWhiteGenocideInSA

Ouma Ella dood na gru-aanval in Mountain View


Die 85-jarige Ella van der Berg van Mountain View is Dinsdagoggend in haar hospitaalbed oorlede.

“Die aanval was net te wreed… die dokters kon haar nie red nie,” het Van der Berg se oudste dogter, Lena Venter vertel.

Van der Berg is verlede maand, 27 April, in haar huis in die Moot oorrompel deur rowers en wreedaardig aangeval.

“Sy was besig om oor die foon te praat. Die honde het geblaf maar toe was die rowers reeds in die huis,” het Venter vroeër aan Rekord gesê.

Van der Berg het meestal ernstige kopbeserings opgedoen en Venter het vroeër beskryf hoe dokters ’n gat in haar kop met krammetjies moes heg.

Van der Berg is onder sedasie gehou by Eugene Marais-hospitaal.

Venter het aan Rekord vertel dat sy vermoed het dat die rowers haar ma se huis dop gehou het voor die aanval.

Die rowers ’n trouring van haar ma se vinger afgesteel asook ‘n leë beursie en ’n bankkaart, het Venter vroeër vertel .

“Daar was so baie items in die huis wat hulle kon steel, maar het hulle eerder my ma geteiken.”

Van der Berg het tydens die aanval baie bloed verloor en familie het beroep gedoen op die publiek om bloed te skenk by hul naaste bloedbank.

Boodskappe van mense wat dadelik bloed wou skenk aan Van der Berg het op sosiale media ingestroom.

Inwoners het na weke steeds gebede aan Van der Berg opgedra met die hoop dat sy volkome sou herstel.

“Almal het my ma geken. Almal het geweet wie ‘Tannie Ella’ was,” het Venter vertel.

“Sy was ’n spontane mens wat maklik vriende gemaak het.”

Van der Berg was vir jare in die Herculus omgewing woonagtig, voor sy na Mountain View verhuis het.

Sy het deel gemaak van vyf generasies met sewe kinders, 12 kleinkinders, 15 agterkleinkinders en twee agter-agterkleinkinders.

“Sy was ’n streng maar regverdige ma. As sy gepraat het, het jy geluister,” het Venter gesê.

“Ons as familie en almal wat haar geken het gaan haar baie mis.”
http://rekordmoot.co.za/72071/ouma-ella-dood-na-aanval-in-mountain-view/?platform=hootsuite

ALSO READ:

stopwhitegenocideinsareports.blogspot.com › ...
Apr 29, 2016 - Ella van der Berg (85) was alleen by die huis toe rowers haar .... Farmitracker Boer Genocide Reports.

Deteriorating after cruel attack on frail Afrikaner woman: Mrs Ella van der Berg ( 85); rushed to Eugene ...


#StopWhiteGenocideInSA