(Jwplayer)

May 8, 2016

#MURDER: UPDATE: Coloured killer jailed for 21 years for the murder of Afrikaner woman, Anna Oosthuizen (80)


80-year-old pensioner was brutally murdered in her house...

Anna Oosthuizen (80) was stabbed 30 times with a knife...

The old lady managed to press her alarm panic button after she was stabbed repeatedly.
Police caught her alleged killer, 23-year-old Henzil Matthys, hiding under her car...
GENOCIDE KILLER: Henzil Matthys
#StopWhiteGenocideInSA
Moordenaar kry 21 jaar..

Die moordenaar van ’n bejaarde vrou van Robertson is Vrydag 21 jaar tronk toe gestuur nadat hy haar 30 keer met ’n mes doodgesteek het en daarna onder haar voertuig weggekruip en vas aan die slaap geraak het.

Dit is ook waar die polisie vir Henzil Matthys ná ’n soektog gevind en dadelik in hegtenis geneem het.

Matthys het Anna Sophia Oosthuizen (80) op 1 November 2015 sewe keer in haar bors, drie op haar kop, 16 in haar nek en vier op haar arms gesteek.

Die moordenaar het Vrydag in die hooggeregshof in Kaapstad skuld op aanklagte van huisbraak met die opset om te roof, roof met verswarende omstandighede en moord erken. Regter André le Grange het sy pleitooreenkoms aanvaar en hom sodanig skuldig bevind.

Die buurman van die oorledene, Petrus Kotze, was twee jaar lank Matthys se werkgewer. Hy is ’n siviele kontrakteur en Matthys het Kotze ’n paar weke voor Oosthuizen se dood gehelp bou aan ’n muur tussen Kotze en Oosthuizen se erwe in Ficuslaan in Robertson.

Volgens Matthys het hy Oosthuizen se voertuig gesien en wou hy dit graag gehad het.

Op 1 November verlede jaar, terwyl Matthys gewerk het, het hy ’n venster aan die agterkant van die oorledene se huis stukkend gegooi en deurgeklim. Hy het erken hy was onder die invloed van drank toe hy die misdade gepleeg het.

In ’n stadium het die oorledene na die stukkende ruit gaan kyk, Matthys opgemerk en die alarm geaktiveer.

Hy het die alarm afgesit, waarna hulle begin stoei en hy haar herhaaldelik met ’n mes gesteek het.

Hy is na haar slaapkamer waar hy haar selfoon gevind en gevat het.

“Ek het die mes, wat in twee gebreek het, in die motorhuis gaan wegsteek en onder die voertuig gaan wegkruip. Lede van die polisie het my later onder die voertuig gevind, waar ek aan die slaap geraak het,” het hy gesê.

’n Sekuriteitswag het omstreeks 06:30 by die huis opgedaag nadat die alarm geaktiveer het. Hy het op die gebreekte ruit afgekom en die oorledene op die vloer sien lê. Hy het haar te hulp gesnel, maar sy is dood voordat nooddienste by die huis opgedaag het.

Die polisie is ontbied en het later ’n Karrimor-rugsak op die agterstoep met ’n Sony Experia-selfoon binne-in gevind.

Die beskuldigde se gesig was op die selfoon as agtergrondfoto gestel. Dit is ook hoe hy deur sy werkgewer, Kotze, uitgeken is.

Die polisie het die toneel begin fynkam en het Matthys onder die oorledene se voertuig gevind. Hy het haar selfoon by hom gehad.

Matthys het erken hy het geweet wat hy gedoen het, was verkeerd en dat hy daarvoor gestraf kan word.
http://www.netwerk24.com/nuus/hof/moordenaar-wat-onder-kar-slaap-gaan-21-jaar-sit-20160508

ALSO READ:

■ 80-YEAR-OLD OUMA'S 'KILLER' CAUGHT UNDER CAR
An 80-year-old pensioner was brutally murdered in her house.
The old lady managed to press her alarm panic button after she was stabbed repeatedly.
Police caught her alleged killer, 23-year-old Henzil Matthys, hiding under her car...
https://facebook.com/story.php?story_fbid=1007117466019882&id=113743842023920

■ #MURDER: Afrikaner elderly woman, Anna Oosthuizen (80), stabbed & killed ...
stopwhitegenocideinsareports.blogspot.com › ...
Nov 2, 2015 - Die verdagte wat Sondag vir Anna Oosthuizen in haar huis in Robertson oorval ... Oosthuizen, wat voorheen 'n onderwyser by die Robertson-voorbereidingskool was, se moord het die ...



#StopWhiteGenocideInSA