(Jwplayer)

May 17, 2016

Pres. Jacob Zuma should be held personally liable for farm attacks and murders of white South Africans says provincial leader of the Freedom Front Plus in Mpumalanga

Werner Weber released the following statement after the brutal murder of Dirk Ackermann in Ermelo and the murder of Friedel Filter (72) of Paulpietersburg. In both cases the farmers were shot in the back of the head while they held no threat to their black killers!
#StopWhiteGenocideInSA
‘Hou JZ verantwoordelik vir plaasmoorde’

Deur Jan Bezuidenhout
16 Mei 2016

Ná nog twee plaasmoorde sê die Vryheidsfront Plus dat pres. Jacob Zuma aanspreeklik gehou moet word.

Pres. Jacob Zuma moet persoonlik aanspreeklik gehou word vir plaasaanvalle en moorde op wit Suid-Afrikaners, sê mnr. Werner Weber, provinsiale leier van die Vryheidsfront Plus in Mpumalanga.

Weber het in ʼn nuusverklaring gereageer ná die moord op mnr. Dirk Ackermann in Ermelo asook die moord op mnr. Friedel Filter (72) van Paulpietersburg. In altwee gevalle is hulle van agter in die kop geskiet terwyl hulle geen bedreiging vir hul aanvallers ingehou het nie.

Weber sê volgens almal wat Filter geken het, was hy ‘n uiters vreedsame en mensliewende mens. Niks is in die Filter-plaasaanval gesteel nie.

“Pres. Zuma se aanhoudende rassistiese uitsprake oor wit Suid-Afrikaners skep ‘n klimaat van erge rasse-polarisasie in die land. Dit moet as ‘n sterk bydraende faktor gesien word in die wreedheid van plaasaanvalle en moorde op wit Suid-Afrikaners.

“Wit en swart Suid-Afrikaners wil graag in harmonie met mekaar saamleef, maar die rasse-aanhitsing van Zuma en die ANC in die aanloop tot die plaaslike verkiesing skaad die vreedsame naasbestaan wat wit en swart in Suid-Afrika nastreef,” sê Weber.
http://landbou.com/nuus/hou-jz-verantwoordelik-vir-plaasmoorde/

#StopWhiteGenocideInSA