(Jwplayer)

June 22, 2016

ANOTHER #FarmAttack: Afrikaner man, Gerhard du Toit (25) was attacked by 2 black attackers at his home on Helpmekaar farm near Wellington

GENOCIDE VICTIM: Survives:
Gerhard du Toit (25)
#StopWhiteGenocideInSA

’n Jong man van Wellington is in die vroeë oggendure van Woensdag 8 Junie by sy woning aangeval.

Gerhard du Toit (25), wat op die plaas Helpmekaar net buite Wellington woon, is omstreeks 01:00 deur twee mans buite sy huis oorrompel.

Du Toit werk as ’n landbou-kontrakteur en vertel wat presies gebeur het:

“Dit is nogal donker hier voor ons huis, maar ek is reeds in die gewoonte om my bakkie se ligte te gebruik om te kyk of alles veilig is.”

Nadat hy sy beursie en selfoon uit die bakkie gehaal het, het hy uitgeklim.

“Ek het gevoel of alles in my sakke is, en die bakkie gesluit. Toe ek omdraai staan daar een man agter my. Hy wou my selfoon en sleutels hê. Hierna het ons begin stoei en baklei. Ek het toe ook ’n tweede man opgemerk wat agter my vriend se motor gestaan het.”

Dinge het hierna blitsvinnig gebeur.

“Nadat ons drie mekaar behoorlik rond gestamp het, het albei mans weggehardloop. Ek het besluit om terug in die bakkie te klim en die manne agterna te sit.”

Op ’n nabygeleë buurplaas het Du Toit sy aanvallers gewaar.

“Ek het binne ’n blok bosstok-wingerd ingery en hiertydens is die bakkie ook beskadig. Ek kon daarin slaag om die een man weer beet te kry en op die grond verder te stoei. Hierna onthou ek niks nie.”

Met ’n paar kneusplekke en ’n knop op sy kop, vermoed Du Toit dat die ander aanvaller hom met iets oor die kop geslaan het.

“Ek onthou net hoe ’n buurman later met ’n flits in my gesig geskyn het.”

Du Toit is vol lof vir hul plaaswag-groep.

“Hier was hordes boere en lede van die plaaswag binne ’n paar minute. Ek weet dinge kon soveel erger gewees het. Gelukkig het niemand seergekry en niks is gesteel nie.”

Die polisie ondersoek die voorval.
http://www.netwerk24.com/ZA/Paarl-Post/Nuus/jongman-fnuik-rooftog-op-plaas-20160613-2

#StopWhiteGenocideInSA