(Jwplayer)

June 18, 2016

ANOTHER WARNING: South Africa to face war?

South Africa has what we call the hidden civil war. Part of it is becoming visible like we are seeing within the ANC in KZN.”
an explosion of this nature is inevitable in South Africa. We will have an explosion, but I can’t say when...




#BlackViolenceContinuesInSA #StopWhiteGenocideInSA

Nog ‘n Waarskuwing:

Vandag se daaglikse SMS verdien om hier bespreek te word. Die waarskuwing wat daarin gerig word is een met meer kredietwaardigheid as wat in ‘n lang tyd waargeneem is.
Politieke ekonoom, Moletsi Mbeki, is bekend vir sy onwilligheid om deur politieke korrektheid voorgesê te word. Gister het hy ‘n bekendstelling van ‘n nuwe boek genaamd ‘A Manifesto for social change: How to safe South Africa’ in Durban gehou. Hierdie boek het Mbeki in samewerking met sy niggie, Dr. Nobantu Mbeki, ‘n doktor in ekonomie van die Universiteit van Manchester en tans lektor in ekonomie by Wits universiteit geskryf.
Mbeki het van die staanspoor af gewaarsku dat Suid Afrika ‘n oorlog in die gesig staar. Volgens hom is dit tot nou ‘n lae intensiteit “hidden” burgeroorlog wat in Suid Afrika woed. Hy gebruik die gemiddelde moordsyfer in Suid Afrika van 18 000 per jaar as voorbeeld. Dit vergelyk met sterftes in Sirië wat tans in ‘n oorlog gewikkel is.
Hy sê ook dat die sterftes in Sirië tydelik is, aangesien dit drasties sal verlaag sodra Siriё uit sy staat van oorlog kom. In Suid Afrika is dit ‘n konstante situasie.
Die volgende probleem wat Mbeki identifiseer, is die hoë werkloosheidsyfers onder die jeug. Hy noem dat meer as 50% jongmense tans werkloos is. Regeringslui oorbelas die privaatsektor om hulself en die staatsdiens daarmee te finansier.  “South Africa has what we call the hidden civil war. Part of it is becoming visible like we are seeing within the ANC in KZN.”
Mbeki meen dat hierdie weggesteekte burgeroorlog nou besig is om sigbaar te raak “This is a very troubling situasion for the future of the country.” In sy toespraak is Mbeki direk gevra wanneer hierdie weggesteekte oorlog na die oppervlak gaan beweeg. Sy antwoord was eenvoudig “What we are saying in this book, is that an explosion of this nature is inevitable in South Africa. We will have an explosion, but I can’t say when.”
Hierdie waarskuwing is baie akkuraat en in lyn met wat Suidlanders al jare projekteer. Dit is verblydend om te sien dat kundiges, alhoewel volksvreemd, bereid is om in teenstelling met liberale polities-korrekte ontkenning, die waarheid op die tafel te plaas.
Die tyd waarin u u geliefdes kan waarsku en tot gereedheid kan roep, is besig om vinnig uit te loop. Moenie eendag spyt wees dat u hierdie lewensbelangrike waarskuwing teruggehou het nie.
http://www.suidlanders.co.za/?p=11792#more-11792

ALSO READ:
http://www.iol.co.za/news/politics/mbeki-warns-fix-economy-or-face-war-2035313
#StopWhiteGenocideInSA