(Jwplayer)

July 16, 2016

ANC refuses to allow press release under Zuma’s name about the ongoing #FarmMurder(s) ?



ALSO READ:
#WhiteGenocide in South Africa: Denial is the final stage of genocide. I see some are there allready


☆☆☆☆

A few folk understand the full definition of genocide. To the rest of the world & it's leaders it's only genocide if it's over...?

☆☆☆☆

Read Article here




Zuma se rasbenepenheid ontbloot  verwysingsraamwerk:
Pres.  Jacob  Zuma se jongste rasbenepe opmerkings, dat hy nie kan verstaan  hoe swart mense vir die DA kan stem, of dat die DA ʼn swart leier  kan  hê nie,  maak ʼn bespotting van die ANC se aanspraak dat dit ʼn nie-rassige  party  is,  of  dat  dit  uiteindelik  nie-rassigheid  voorstaan. Zuma baseer sy argument op die feit dat die ou Demokratiese Party (wat  hy nog die Progressiewe Party noem) met die Nasionale Party saamgesmelt het. Hy meen dit beteken die verdruktes is nou in dieselfde  party  as  dié  wat hulle verdruk het. Behalwe dat dit ʼn baie simplistiese beskouing van die gebeure is, soos dat  dit  die  NP, of dan die NNP-regering, was wat reeds voor 1994 alle apartheidswette  verwyder het (wat die ANC in kwalik gewysigde vorm teruggebring het, terwyl daar dan nou so kort voor die uitspraak in  die  saak tussen Solidariteit  en  die  DKD oorvereenvoudig word) is sy weergawe van die geskiedenis, soos gebruiklik, baie gebrekkig. Het hy dan vergeet die NNP het ophou bestaan deur in die ANC opgeneem te word en die Wes-Kaap so pasella gekry het? Iets wat die ANC eiehandig  gaan verslons het. Ja,  die  Natte  het in effek nie op groot skaal op grondvlak en eintlik net deels regionaal, saam met hul destydse  kortbroek-leier,  Marthinus  van  Schalkwyk, uit  die  DA weggebreek (op grond daarvan dat die DP hoofsaaklik liberaal-demokraties  was en die NP Christelik-demokraties, aldus Marthinus) en nie lank daarna nie,  geen probleem daarmee gehad het om met die sosialisties-kommunisties georiënteerde ANC saam te smelt nie. Dit  behoef geen Einstein om tot ʼn waarde-oordeel te kom oor waar die meeste of minste moraliteit en die minste of meeste opportunisme aan die dag gelê is nie.
En kiesers wat wolle oor die oë getrek is, wat nou nog wag vir sekere politici “om jul stem” in die ANC te wees. ʼn Besonder stil stem inderdaad. Zuma, met sy rasbenepenheid, het ʼn enorme rol gespeel daarin dat ʼn meningspeiling tydens die vorige algemene verkiesing in ʼn stadium letterlik  geen blanke steun vir die ANC kon toon nie. En wie was dit wat as hoofspreker by die hooffunksie van die onlangse regeringsveldtog teen rassisme na blankes  as “white supremacists” verwys het? En hy is nie eens daaroor aangetree nie. Onder Zuma se leiding is die ANC se Nasionale Uitvoerende Komitee op enkele gevalle na gestroop van wit,  bruin  en  Asiër.  Die  meeste van dié wat nog daar is, is oorblyfsels van ou SAKP-stryders wat nog in die ANC se vernis vasgeverf sit. Op Google het die naam Zuma 38 600 000 trefslae opgelewer. Die prez is nie die enigste Zumanuusmaker of skandemaker nie, maar wel by verre die oorheersende een. Word die woord “black” by Zuma in die soekenjin ingevoer, lewer dit ʼn verbluffende syfer van 36 100 000 trefslae op. Die trefwoorde,  “Zuma” en “swart,” lewer 170 000 trefslae op. “Zuma” en “white supremacists” lewer 39 600 trefslae  op.  Hoewel die vertolking  van sulke syfers met omsigtigheid gedoen moet word, gee dit tog ʼn beeld  van iemand wat met ras op loop is. Zuma se rasbenepe losbekkigheid stel wel ʼn belangrike aspek aan die orde, naamlik hoe moeilik dit is om ʼn nie-rassige  party  in  die  Suid-Afrikaanse  konteks  as  sodanig lewensvatbaar te hou. Kort voor lank raak die  druk op ʼn party om swart steun ter wille van groei te bekom, oorweldigend. Daar was partye wat op die oog af belowend as nie-rassig uit die blokke weggespring het. Dit is vandag amper ondenkbaar dat die UDM so ʼn party kon wees, maar met Roelf Meyer aanvanklik as mede-leier, het  die party inderdaad aanvanklik baie wit en bruin lede gehad en was dit ʼn nie-rassige party. Vandag is dit  met genl.  Bantu Holomisa grootliks ʼn Oos-Kaapse Xhosa-party. Ook Cope het baie moeite gedoen om as nie-rassige en algemeen verteenwoordigende party van die monteerbaan af te kom. Die Shikota-Express het betreklik gou geskeur en met die Shilowa-faksie wat die onderspit  gedelf  het,  het  dit  gelyk  of  die  nie-rassige  element  sou  voortleef,  maar ook dié party kan nie veel  nie-rassigheid  demonstreer  nie. Weens die invloei van wit charismate behou die ACDP veral in die Wes-Kaap ʼn redelike nie-rassige baadjie,  maar  aktiewe pogings deur die leier, eerwaarde Kenneth Meshoe, om die party ʼn groter swart karakter  met ANC-“aanwinste” te bied het ernstige foutlyne laat ontwikkel sodat die party onder groot druk is  om nie weg te kwyn nie. Verskillende  kulturele  gebruike  plaas  nie-rassige  partye  onder  enorme  druk as ʼn sekere kultuur die kantelpunt  in  die  party  bereik en die karakter daarvan “kaap.” Gereelde verkiesings (intern en op munisipale,  nasionale  en  provinsiale  vlak)  beteken  daar  moet gereeld om posisies op die kandidatelyste meegeding word. Sommige gemeenskappe organiseer eenvoudig beter as ander, sodat posisies op die kandidatelyste  nie  noodwendig ooreenstem met daardie kandidate se vermoë om stemme te trek nie. En in watter stadium sou ʼn party besluit dat sy swart karakter vereis dat dit die uitreik van mediaverklarings  ook in Afrikaans opskort? Is dit nie  per definisie  ʼn  terugwaartse stap van werklike nierassigheid  nie?


Of,  soos reeds gebeur het, die leier van ʼn sogenaamde nie-rassige party uit vrees vir wat die ANC van hom gaan dink, weier dat ʼn nuusverklaring oor ʼn plaasmoord onder sy naam uitgereik word? 

Zuma sou as baie slinks kon deurgaan om met sy opmerkings ʼn baie komplekse kookpot nog deurmekaarder te klits,  as  dit  nie  was dat hy self die opvolgargitek van Mbeki was om van Suid-Afrika ʼn erg  rasgepolariseerde  land  te  maak nie. Die man, one hundred fourty eleventy million six thousand seven percent  Zulu boy,   wat Zumafikasie en Zoeloefikasie tot min of meer sinonieme ontwikkel het, het die polariserende  proses vervolmaak.
Read more:

http://maroelamedia.co.za/nuus/nuuskommentaar/nuuskommentaar-zuma-se-rasbenepenheid-ontbloot-verwysingsraamwerk/

#StopWhiteGenocideInSA