(Jwplayer)

July 20, 2016

#FarmMurder: UPDATE Man lost his 2nd wife in farm attack: Steenberg was shot through the shoulder while wrestling in their bedroom with the black attackers, Riekie was shot dead when she made an attempt for Steenberg's gun next to the bed

" here at home... I lost the two most important people of my life ! "
GENOCIDE VICTIM:
Jurie Steenberg (53)
He lost his second wife after being attacked by black attackers just three weeks ago in their own Kameelfontein smallholding house near Pretoria
#StopWhiteGenocideInSA

opvolg- ’n Sakeman in die noorde van Pretoria sê sy beserings herstel goed na ’n rooftog wat onlangs sy vrou se lewe geëis het.

Jurie Steenberg (53), eienaar van Jurie Pale, Lapas en Grasdakke, sê hy bly hartseer en verbitterd oor die dood van sy vrou, Riekie, wat meer as drie weke gelede in hul Kameelfontein-huis, noord-oos van Pretoria, doodgeskiet is.

Steenberg het vroeër aan Rekord vertel hoe drie gewapende rowers toegang tot sy huis op ’n kleinhoewe gekry het.

Steenberg is deur die skouer geskiet nadat hy met die rowers in hul slaapkamer gestoei het, en Riekie is doodgeskiet toe sy Steenberg se vuurwapen langs hul bed in die hande wou kry.

Steenberg sê hy het lank voor die rooftog sy huis probeer verkoop na die dood van sy eerste vrou in 2010.

“Die huis is laag op die mark, maar dit maak nie nou meer saak nie. Ek het twee van die beste mense in die wêreld hier verloor,” sê Steenberg.

Suna, sy eerste vrou, is ses jaar gelede dood na sy wreed in dieselfde huis aangeval en in die kop geskiet is.

Sy is na ses maande dood, terwyl sy in ’n koma was.

“Ek het daardie tyd die huis ingerig soos ’n hospitaal sodat ek vir Suna kon sorg,” vertel Steenberg.

“Dit het my so lank gevat om oor haar dood te kom. Ek het eers na vier jaar kans gesien om aan te beweeg toe ek my vroutjie (Riekie) ontmoet het. Só ’n liefdevolle en ordentlike vrou kry mens min.”

Steenberg sê hy was van plan om saam met Riekie na St. Francisbaai te verhuis, waar hul ’n nuwe huis sou bou.

Na Riekie se dood sê Steenberg lê sy drome vir ’n nuwe begin aan skerwe en sy emosionele letsels genees stadig.

Steenberg sê hy moet die wond aan sy skouer gereeld by die hospitaal laat skoonmaak.

“Die wond is beter, maar moet nog dreineer voor dit kan toe gaan.”

Nog niemand is aangekeer in verband met die roof en moord nie.
http://rekordnorth.co.za/81322/lang-pad-vir-herstelling-na-skietery/

#StopWhiteGenocideInSA