(Jwplayer)

October 7, 2015

#ATTACK: Update: Black NWU student get light sentence for such brutal scissor attack

NWU Lerato Phoofolo was charged with trespassing after he returned to the residence the day after the attack. It was part of his bail conditions not to visit the campus. He was then arrested again and held in custody...
Hendri van Dyk. Foto: 



ALSO READ:

■ #ATTACK:Update: Black Puk student who stabbed a Afrikaner student with a scissors, shouts at prosecutor in court



Puk-skêraanval: Verdagte gevonnis 

NWU Lerato  Phoofolo,  die  derdejaarstudent  aan die Noordwes Universiteit  se Potchefstroom-kampus wat ʼn huiskomiteelid, Hendri van Dyk, met ʼn skêr gesteek het, is gevonnis nadat hy skuldig  gepleit  het. Maj.  Pelonomi Makau, provinsiale polisiewoordvoerder, het aan Maroela Media gesê Phoofolo het in die Potchefstroomlanddroshof  skuld  beken op aanklagte van aanranding met die doel  om ernstig te beseer en betreding. Lerato  Phoofolo  tydens  ‘n  vorige verskyning  in  die  hof.  Foto:  Met vergunning  van  Susan Cilliers/BEELD Volgens Makau het Phoofolo ʼn opgeskorte vonnis gekry. 

“Hy is gevonnis  tot 12 maande tronkstraf  of  ’n  boete  van R1 800. Die vonnis is vir drie jaar opgeskort,”  het  sy  gesê. Dit  volg  nadat hy Van Dyk op 14 Augustus omstreeks 07:00 in die manskoshuis, Over De Voor, drie  keer  met ʼn skêr in sy bo-arm, blad en heup gesteek het. 

Phoofolo het op die dag van die aanval vroegoggend harde musiek in sy kamer gespeel. Talle studente het glo gekla waarna Van Dyk, ʼn vierdejaarstudent,  hom  gaan vra het om sy musiek sagter te draai aangesien daar studente is wat nog geslaap het of besig was om te studeer. Hy is kort ná die aanval in hegtenis geneem en dieselfde  dag  op borgtog van R1 500 vrygelaat. Van Dyk is na ʼn hospitaal geneem vir waarneming, maar het nie hospitalisering  of  steke  nodig gehad nie. Phoofolo se aanklag van betreding volg nadat hy die dag ná die aanval die koshuis besoek het. Dit was deel van sy borgtogvoorwaardes om nie die kampus te besoek nie. Hy is toe weer in hegtenis geneem en was sedertdien in aanhoudingPhoofolo 's charge of trespassing comes after he visited the residence the day after the attack . It was part of his bail conditions not to visit the campus . He was again arrested and has since been in custody. Kiewiet  Scheppel,  ʼn woordvoerder van die NWU, het Woensdag aan Maroela Media gesê Phoofolo is  tydelik  van  die kampus en koshuis geskors en sy toekoms daar sal bepaal word deur ʼn tugverhoor.

“ʼn  Datum vir sy tugverhoor is nog nie vasgestel nie. As hy wil voortgaan met sy studies, moet   hy vertoë  aan die kampusrektor rig,” het sy gesê.
http://maroelamedia.co.za/blog/nuus/sa-nuus/puk-skeraanval-verdagte-gevonnis/

ATTACK