(Jwplayer)

October 15, 2015

#FarmAttack: South Africa farm attacks on the rise: 8 seperate attacks on smallholdings around Pietersburg, Limpopo since the start of October

 SA Farm Attacks & Murders  

24 FARM ATTACKS , 

2 FARM MURDERS 

Reported this month 

16 October 2015


Misdaadstatistieke styg op plotte, plase


Die Doornbult GPF maak 'n dringende beroep op inwoners om betrokke te raak by die GPF of om te verseker dat hul eie huise en erwe veilig is.

POLOKWANE – Na die toename in misdaad vir die sektor plotte en plase het die Doornbult gemeenskapspolisiëringsforum (GPF) ‘n beroep gedoen op die inwoners om meer waaksaam te wees.

Inwoners is aangemoedig om by die GPF aan te sluit en saam hulle gemeenskap te help beveilig.

Daar is ook gevra dat daar ‘n toename moet wees in die patrollies wat gedoen word, nie net in die dag nie maar ook in die aande.

Vir die inwoners wat nie kan patrollie ry nie word daar gevra dat hulle seker maak dat hulle persoonlike eiendom wel beveilig is en daar nie donker kolle gelos word wat skuiling kan gee vir misdadigers nie.

Die beheerliggaam van die GPF het ook ‘n beroep gedoen op alle lede en inwoners om alle moontlikke heinings reg te maak en bedag te wees vir moontlike lokvalle en strikke vir veediefstal.

“Onthou – die GPF is nie verantwoordelik vir jou vrou, kinders, huis, voertuig ensovoorts nie. Jy is vir jouself verantwoordelik.

“Die GPF kan net volkome en spoedige bystand verleen aan aktiewe inwoners.

“Om as aktiewe inwoner beskou te word, moet jy ten minste een uit elke drie vergaderings bywoon,” het die bestuur van die GPF gemaan.

Van die begin van Oktober af is die volgende misdaad in die area gerapporteer:

• Brandstigting op ZJ13 wat versprei het en skade aan vier plotte veroorsaak het.

• Inbraak op ZN pad deur die dag.

• Brandstigting op verskeie plekke.

• Diefstal by huis.

• Verdagte wit Volkswagen Golf, vensters donker, geen nommerplaat, peuter aan hek by woning. Die mense was in staat om hek op onbekende manier te open.

• Sakke knoffel gesteel, verdagte gejaag, knoffel teruggekry.

• Esterhuysen vervoer se kantore beroof, kluis losgebreek en gesteel, skietery tussen wagte en rowers. Poging tot moord saak geopen.

• Telkom beheerkamer inbraak.
http://reviewonline.co.za/111371/misdaad-neem-toe-op-plotte-plase/
http://reviewonline.co.za/111371/misdaad-neem-toe-op-plotte-plase/

#FarmAttack