(Jwplayer)

October 1, 2015

#FarmAttack: Update: Afrikaner farmer, wife & 3 grandchildren attacked by two black gunmen on their farm near Cullinan


Cullinan-plaasaanval:  Een  dood,  een  vas ná kind (6) met geweer gedreig word

“Ons kan net dankbaar wees dat ons leef. Dinge kon so skeefgeloop  het.  Toe daardie skote afgaan, het ek net gebid dat die  Here my nou moet help.” Só het André de Koning (66) Donderdag aan Maroela Media vertel  nadat  hy,  sy vrou, Linda (64),  en hul drie kleinkinders Woensdagmiddag op hul plaas buite Cullinan deur twee gewapende aanvallers oorval is. André het gesê hy was omstreeks 15:00 op die plaas besig toe hy ʼn oproep van die huishulp kry wat hy nie betyds kon beantwoord nie. “Dit was eienaardig, want sy bel my nooit. Ek het my vrou gebel  en toe sy nie antwoord nie, het ek geweet daar is fout.” Hy is saam met twee van sy kleinkinders wat by hom was na die huis toe en het sy derde kleinkind, ʼn sesjarige  seuntjie,  by  die  hek  sien  staan.  “Hy  het my net met sulke groot oë aangekyk en gesê, ‘Oupa,  daar is  mans met gewere in die huis’,” het André gesê. Hy het sy kleinkinders opdrag gegee om agter ʼn muur by die swembad weg te kruip en is met sy pistool,  wat  hy  altyd  by hom dra, in die huis in. Die oomblik toe hy instap, het een van die aanvallers  ʼn  skoot in  sy rigting  afgevuur.  André én die aanvallers het agter voorwerpe geskuil en ʼn oor-en-weer-skietery  het  uitgebreek. “’n  Skoot  het een van die aanvallers in die kop getref en die ander een het by die trappe opgehardloop.  Ek het hom agternagesit, maar daar was geen patrone oor in my pistool nie. Ek het my haelgeweer op die boonste verdieping gegryp,” het André gesê. Die aanvaller is egter weer met

die  trappe af en het op die vlug geslaan. André het vinnig die plaaslike  veiligheidsgroep  via  ʼn  WhatsApp-boodskap geaktiveer en daarna die  polisie  gebel.  ʼn  Kort  rukkie  daarna is die  aanvaller  vasgetrek  en in hegtenis geneem. Die ander aanvaller  is  op  die  toneel  dood verklaar. Linda  moes steke aan haar kop kry nadat die aanvallers haar met hul vuurwapens deur haar gesig geslaan  het.  Sy  het ook erge kneusplekke opgedoen. Sy het later vertel dat sy en hul kleinkind in die  huis  was toe die aanvallers hulle oorval het. Hulle het die vuurwapen teen die seuntjie se kop gedruk en gedreig om hom te skiet as Linda nie vir hulle die kluis sou oopsluit nie. Sy het onderneem om die kluis se sleutels te oorhandig indien hulle haar kleinseun uit die huis laat gaan en hulle  het ingestem. Kort daarna het André by die huis opgedaag. “Mense moet maar weet, jy moet jouself beskerm. Niemand anders gaan dit doen nie,” het André gesê.  “Dit  is  hoekom ek nooit sonder my vuurwapen is nie. Jy hoor altyd hierdie goed, maar jy dink nooit  dat dit  met jou kan gebeur nie.” Hy het gesê hy, Linda en die kinders sal almal vir berading gaan. “Ek kan net vir die Here dankie sê dat  ons gespaar is. Dit was ʼn baie traumatiese ervaring, maar op ʼn manier is dit ook goed, omdat dit ons herinner dat ons moet vasklou aan ons geloof. Al gaan dinge sleg, moet ons volhard in ons stryd  en op die Here vertrou dat Hy ons sal beskerm.” Kapt.  Sarah Mcira, woordvoerder van die polisie, het die voorval aan Maroela Media bevestig en gesê ʼn saak van huisroof en moord word ondersoek. Die verdagte sal Vrydag in die hof verskyn.
http://maroelamedia.co.za/blog/nuus/sa-nuus/cullinan-plaasaanval-een-dood-een-vas-na-kind-6-met-geweer-gedreig-word/


ALSO READ:
■ #FarmAttack: Dewagensdrift, child held at gun point. Child got away warned Granpa. Granpa shot 1 suspect. Other 1 arrested

■ SA Farm Attacks & Murders September 2015
 41 FARM ATTACKS , 
10 FARM MURDERS 
& 3 POSSIBLE FARM ATTACKS PREVENTED 

Reported this month 
30 September 2015




#FarmAttack