(Jwplayer)

January 16, 2016

#MURDER: Terrorist in his 20' arrested for murdering #Afrikaner man, Nico Geldenhuys (86) at home in Stellenbosch


#StopWhiteGenocideInSA


MAN VAS OOR MOORD OP STELLENBOSCH-BEJAARDE

’n Man in sy twintigs is gister in hegtenis geneem in verband met die moord op ’n bejaarde man in Stellenbosch.

Konst. Noloyiso Rwexana, ’n provinsiale polisiewoordvoerder, het bevestig dat ’n 26-jarige man in hegtenis geneem is in verband met roof en moord. Dit was gister nog nie bekend wanneer hy in die hof sal verskyn nie.

Nico Geldenhuys (86) se gesin het Dinsdag op sy lyk in sy woonstel oorkant die NG kerk Stellenbosch-Wes afgekom.
Die oorsaak van sy dood is onbekend en sy gesin wag op die uitslag van ’n lykskouing om duidelikheid oor die voorval te kry.
Rwexana het gesê die man sal in die hof verskyn sodra hy aangekla is.

Sy het vroeër die middag aangedui dat geen ontwikkelings in die moordsaak bekend gemaak kan word nie en dat geen ander aanklagte as moord ondersoek word nie.

Geldenhuys se seun, Nicol, het gister gesê sy suster het begin bekommerd raak oor hul pa en kon nie toegang tot sy woonstel in Papegaaistraat verkry nie.

Sy het van Maandag af na hom begin soek nadat sy bure gesê het hy is nie tuis nie. Haar man het later toegang tot die woonstel verkry en daar op Geldenhuys se lyk afgekom.

Geldenhuys, oorspronklik van Carnarvon, het alleen in die woonstel gewoon nadat sy vrou 17 jaar gelede oorlede is.
Hy het die afgelope 50 jaar in Stellenbosch gewoon en was tot onlangs nog koster van die NG Kerk Stellenbosch-Wes.

Die polisie het die gesin aangeraai om nie besonderhede van die saak met die nuusmedia te bespreek nie. - Malherbe Nienaber https://facebook.com/DieBurgerKoerant/photos/a.482927738102.290509.350965728102/10153873514898103/?type=3&source=48

ALSO READ:

#StopWhiteGenocideInSA